WOORD IN AKSIE - VISIE EN MISSIE:

WIA het as beweging ontstaan op grond van die openbaring van die Geregtigheid van God. Jesus Christus het op Golgota die volmaakte soenoffer gebring deur sonde vir ons gemaak te word, sodat ons kan word, die Geregtigheid van God in Hom. (2 Kor. 5:21) Die implikasies van hierdie afgehandelde offer bring die mens deur geloofsaanname terug in 'n volkome liefdesverhouding met God omdat die straf en wraak oor sonde deur Jesus self vir ons gedra is en dat daar van God se kant geen onafgehandelde sake teen ons uitstaande is nie. God kan op grond van die reiniging wat daar is deur die bloed van Jesus ons nou in volheid deur Sy Gees bewoon en deur die mens sodoende weer Sy heerskappy op aarde herstel. WIA is dus 'n Boodskap. Sien ook www.wia.org.za

VISIE:

Om die boodskap van die Geregtigheid van God met mense te deel. Om daardeur mense terug te bring tot die herstelde liefdesverhouding waarvoor God so 'n geweldige prys deur Sy Seun betaal het. Om mense toe te rus met die vermoë om God se Woord as 'n persoonlike liefdesbrief te kan lees en self daaruit krag te put vir 'n lewe van oorwinning oor sonde. (Rom. 5:17; Rom. 10:8)

MISSIE:

Om onder andere dmv kampe mense in 'n ontspanne atmosfeer op 'n praktiese manier aan die Boodskap voor te stel en hulle te help deur lesings, besprekings en persoonlike bedienings om die Woord van God, maw God se plan vir hulle lewens in aksie te bring in hul daaglikse lewenswandel. Om mense terug te stuur na hul gemeentes en gemeenskappe om 'n positiewe verskil te kan gaan maak. Om mense op te lei en toe te rus met die Boodskap om as groepleiers en sprekers op te tree. Om as 'n familie mense op te volg deur persoonlike kontak en die gebruik van audio- en videobande.

WIA IS DUS NIE:

· Nog 'n evangelisasie-aksie nie - hoewel dit ook evangeliseer.
· 'n Sendingaksie nie - hoewel die Boodskap sending-roeping aktiveer.
· 'n Denominasie nie - hoewel dit wil saamwerk met elke gemeente wat die inhoud van ons Boodskap deel.

Kontak Ons : wiat@wia.org.za

The information contained within this site including programming scripts, graphics and logos are copyright protected. Algemene Inligting Wie's Ons? Kamp Datums Kampprogram Inskrywings Vorm Padkaart Fotos en Getuienisse Streeks Info

Beste Browser - Internet Explorer 5; Resolusie - 800x600; Kleure - 32 bit; Publiseer - 23/05/2002; Laaste Opgedateer- 23/05/2002
Interexcel - Web design and web site design are the specialities of this Pretoria based company.
Vrae en Probleme oor die webtuiste moet aan die webmaster@interexcel.co.za gestuur word
Copiereg ©2002 wiat.org.za. Alle regte voorbehou.